Hartenbos | Wes Kaap
30 Desember 2025 | 18:00
ATKV Amfiteater
Gratis Toegang
Hartenbos | Wes Kaap
30 Desember 2025 | 18:00
ATKV Amfiteater
Gratis Toegang

Ons glo dat elke persoon 'n nuwe begin verdien. Hierdie dag is 'n uitnodiging om jou geloof te versterk, hoop te vind, en liefde te deel. Jy is nie alleen nie – ons stap hierdie pad saam.
Lofprysing wat die atmosfeer oopmaak
'n Woord wat jou anker vir die jaar vorentoe
'n Geleentheid vir families om saam te ontvang
'n Oomblik waar God jou herposisioneer vir guns, groei en oorwinning
'n Plek waar jy Sy stem kan hoor, Sy teenwoordigheid kan ervaar, en waar Hy in jou gees deponeer wat jy nodig het vir die nuwe seisoen.
Hier vind mense jaar na jaar weer rigting, fokus en nuwe hoop vir wat voorle.

Hier ervaar mense die teenwoordigheid van God deur kragtige lofprysing, diep aanbidding, en ' woordbediening wat geloof wakker maak, wonde heelmaak en jou voorberei om met visio, krag en helderheid die Nuwe Jaar in te stap!




Jou Nuwe Begin is gebore uit ,n visie wat God in 2017 in my gebedstryd aan my gewys het, 'n duidelike opdrag:
"Begin jou eie evangelistiese byeenkomste"
Op 1 Januarie 2018 het die eerste byeenkoms plaasgevind - eenvoudig, nederig en in gehoorsaamheid.
Wat begin het as 'n klein stap van geloof, het God oor die jare verander in 'n kragtige beweging.
Vandag stroom duisende na Jou Nuwe Begin










Heinz en Aletté Winckler dien saam as die stigters en hoofpastore van LoveKey Church in Somerset-Wes, waar hulle met passie hul gemeenskap bedien.
Heinz Winckler dien al vir baie jare deur aanbidding, met ’n passie om mense te help om Jesus op ’n nuwe, vars manier te beleef.
Sy bediening bring hoop, vreugde en ’n atmosfeer van geloof waar die Heilige Gees kragtig werk.
Sy unieke gawe om mense te lei in eerlike, opregte aanbidding skep ’n ruimte waar harte oopgaan en lewens verander word.
Ja, die byeenkoms is heeltemal gratis. Bring net jou familie en vriende saam! Maar dis belangrik om te registreer, en aan te dui hoeveel mense kom. Kinders is welkom!
Ja, ons vra dat jy vooraf registreer sodat ons vir almal kan voorsiening maak.
Bring jouself, jou familie, vriende, 'n kampstoel of piekniek kombers en 'n oop hart. Daar is koffie,koeldrank en kos stalletjies. Jy kan ook jou eie inpak, maar ondersteun gerus die stalletjies!
Ongelukkig nie - kinders is welkom, maar daar is geen aktiwiteite of toesig nie.
ATKV Amfiteater, Hartenbos op 30 Desember 2025 om 18:00
Jou ondersteuning dra direk by tot die sukses van hierdie bediening en die opbou van God se koninkryk.
© 2026 Jou Nuwe Begin. Alle regte voorbehou.